Liefde By Die Dam keer terug na Emmarentia dam op 6 Augustus 2017. Dis ‘n familievriendelike, voldag konsert wat strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Ons gee TWEE stelle dubbelkaartjies na Liefde By Die Dam 2017 weg – lees verder vir details oor hoe om in te skryf!
Liefde By Die Dam 2017 is op 6 Augustus van 10:00 – 18:00, en spog met Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Majozi, Laurika Rauch, Riana Nel, Tresor, JR, Jo Black, en Loki Rothman op die program.
Daar sal kosstalletjies wees, maar jy kan ook ‘n piekniekmandjie en kombers inpak.
Liefde Wen liefdadigheidsinisiatief: Verlede jaar se Liefde By Die Dam konsert het bywoners aangemoedig om hul piekniekkomberse te skenk aan liefdadigheidsorganisasies, en dit was ‘n wegholsukses met honderde komberse wat geskenk is. Hierdie jaar wil Liefde by die dam dieselfde doen, en vra dat bywoners komberse saambring en agterlaat, of by die ingang inhandig.
Koop jou kaartjies vir Liefde By Die Dam 2017 by Computicket – dis R165 aanlyn, R200 by die hek, of R600 vir ‘n VIP kaartjie.
OF SKRYF IN VIR ONS KOMPETISIE: Ons het TWEE stelle dubbelkaartjies na Liefde by die Dam 2017 om weg te gee. Vul bloot die vorm hieronder in (slegs een inskrywing per persoon) om in aanmerking te kom vir die gelukkige trekking. Inskrywings sluit 12uur die middag op Vrydag 21 Julie.
WENNERS! Die wenners van ons kaartjies na Liefde by die Dam 2017 is Quinton Dos Santos en Tania conradie – Geluk!