Morné du Toit het eers my aandag gevang as die ou in die tamatiesousadvertensie wat fluit wanneer hy sê “thirty-six”. Nou maak hy ook flieks, en sy derde een as regisseur, Vuil Wasgoed, begin op 8 Desember in teaters draai. Ek’t met hom gaan gesels oor alles van skilder in Melville kelders, aksente aansit as jy kos bedien, flieks maak vir kinders, en flieks maak waarvoor kinders eerder ‘n paar jaar moet wag.
Hierdie podcast (en al die voriges) is beskikbaar op iTunes en Stitcher en enige podcast speler wat sy sout werd is.
Die episode is ook beskikbaar op YouTube, en tydelik ook op Soundcloud.
Jy kan ook subscribe met hierdie RSS feed: https://iono.fm/rss/chan/3047