Die kind is nog jonger: 36 liefdesbriewe aan Ingrid Jonker

Die kind is nog jonger CD cover art

Het jy al Ingrid Jonker se gedigte gelees en gewens jou gunsteling alternatiewe band wil dit toonset? Het jy al na Chris Chameleon se bekende Ingrid Jonker-albums geluister en gewonder hoekom meer mense dit nie doen nie? Dan is dit hoogtyd vir Die kind is nog jonger – ‘n dubbel CD met 36 verwerkings van Ingrid Jonker gedigte, deur onder andere Inge Beckmann, Kalahari Surfers, Somerfaan, Jim Neversink, Francois Breytenbach Blom, Mavis Vermaak en Victor Wolf (destyds Riku Lätti).

DieKindIsNogJonger

Hierdie projek, deur Simone Jonker (Ingrid se dogter) en Paul Blom (van Terminatryx en K.O.B.U.S., onder andere), is ‘n versameling van musikale toonsettings van Ingrid Jonker gedigte – spesifiek opgeneem en versamel vir die 50ste herdenking van jonker se tragiese selfmoord. Behalwe vir die blote vermaaklikheid, sien hulle hierdie projek ook as ‘n bewaring van Jonker se legende, woorde, taal, geskiedenis, en kultuur. Wat die projek juis baie anders maak as soortgelyke projekte (soos Chris Chameleon se toonsettings, byvoorbeeld), is dat die verwerkings in ‘n reuse verskeidenheid van genres geskied: Daar is akoesties, pop, rock, elektronies, metal, en meer:

Disc 1

  1. Ingrid Jonger & Tim Parr – Toemaar Die Donker Man
  2. Ernestine Deane – Die Kind Wat Doodgeskiet Is Deur Soldate By Nyanga
  3. Anton Goosen – ‘n Hemel Vol Blou Akkers (Plant Vir My ‘n Boom André)
  4. Stefan Strydom & Gert Vlok Nel – Ingrid
  5. Jennifer Ferguson – Windliedjie
  6. Abraham van GeenBybel – Donker Stroom
  7. Rambling Bones – Summer (For Simone)
  8. Falling Mirror – 25 December 1960
  9. Andrew Kay – Fragment
  10. Terminatryx – Ontvlugting
  11. mike dickman – I Went In Search Of My Body
  12. Tonia Möller – Man En Vrou
  13. The Wilde Junge (Wild Youth) – Police Protection Guaranteed
  14. André Van Rensburg – Liedjie Van Die Troubadoer
  15. The Slashdogs – Lied Van Die Grafgrawer
  16. The Sighs Of Monsters – Drawing
  17. Die Naaimasjiene – Mamma
  18. Robbi Robb (of Tribe After Tribe / 3rd Ear Experience) – Face Of Love

Disc 2

  1. Inge Beckmann – Korreltjie Sand
  2. Kalahari Surfers – Klein Hande
  3. Jim Neversink – Bitterbessie Dagbreek
  4. Beeskraal Revival – Verlore Stad
  5. Daniel Eeuwrick – Vir Uys Krige
  6. Somerfaan – Ontnugtering
  7. Anne Van Schothorst – Ek Het Gedink
  8. Ivan Kadey – Tokolosh
  9. Radio Rats – Deep Dark Introverted Girl
  10. Ingrid Jonker & Francois Breytenbach Blom – Die Kind Wat Doodgeskiet Is Deur Soldate By Nyanga
  11. Eckard Potgieter – Ontvlugting
  12. Victor Wolf – Ballade Van Drie Vriende
  13. The CapTn (feat. Julie Hartley) – Reclaimed Land
  14. Juliana Venter – Hierdie Reis
  15. Dirk Ace – Van ‘n Skilder
  16. The McClones – I Am With Those
  17. Mavis Vermaak – Heimwee Na Kaapstad
  18. Zaria – Begin Somer

Crowdfunding

Ongelukkig is die album nog nie gedruk nie. Al die liedjies op hierdie onafhanklik uitgereikte album is reeds opgeneem deur die kunstenaars, maar die CD vervaardiging en bemarking bly nog oor. Daarvoor het die produksiespan ‘n IndieGoGo skarefinansieringsprojek geloods.

Dit is glad nie ‘n donasie sisteem nie, maar ‘n belegging,met verskeie baie opwindende “perks” by elke bedrag opsie ingesluit – van mp3 liedjies aflaai en die dubbel CD eksemplare, tot “Vlam In Die Sneeu” boeke (met die liefdesbriewe tussen Jonker & André Brink), en oorspronklike kunswerke van die bekroonde Vernon Swart (wie se fantastiese oseaan-toneel op die CD omslag verskyn).

Besoek gerus die IndieGoGo bladsy by http://www.igg.me/at/ingrid-jonker om jou kopie te kry (van so min as $10 (ongeveer R150) vir ‘n digitale kopie, of $15 (so R230) vir die fisiese dubbel CD)